Agtergrond

Wanneer, Waarom en Deur Wie Quality Bottling Solutions Gestig Is

Daniël Gerber het vanaf Januarie tot Maart 1997 gepars by Du Toitskloof Kelder in Rawsonville onder die bestuur van Phillip Jordaan.

Sedert Mei 1997 het Daniël aangesluit by Breërivier Bottelering Worcester. As deel van die tegniese span onder Christie Theron se leierskap was Daniël in beheer van Stabilisasie, Filtrasie, Logistiek asook pre-bottelering produk voorbereiding.

In Februarie 2009 is Daniël bevorder na Logistieke Besturder onder Lourens Smith as mentor. Daniël se nuwe kundigheidsvelde het ingesluit Oudits, Produksie beplanning, Plaagbeheer asook interne stelsels verbeter.

In Augustus 2017 het Daniël gevoel dat hy 'n hoogtepunt bereik het in sy loopbaan en by BBK bedank. In September 2017 het hy Quality Bottling Solutions gestig. Dit is Quality Bottling Solutions se beleid om betroubare diens te bied teen 'n goedkoper tarief en korter tydlyn. Quality Bottling Solutions verlaag produksie kostes en verhoog produk gehalte.